Chinese astrologie

Chinese diereriem
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   生肖
Vereenvoudigde Chinees   生肖
Pinyin shēngxiào
Jyutping saang1-ciu3
’n Kaart wat goeie en slegte dae aandui om bloed te laat en wanneer om teen demone te waak. Detail: Die kaart bevat ’n sme ba (9 figure wat die Vyf Elemente in waarsêery verteenwoordig in die middel, met die Chinese pa-kua (8 trigramme) en 12 diere van die maande en jare wat dit omring.

Die Chinese astrologie (Chinees: 占星術 / 占星朮, zhānxīngshù ‚ "kuns van die waarsêers") is geskoei op die tradisionele Chinese astronomie en filosofie. Dit bereken nie soos die Westerse astrologie die uitwerking van sterrebeelde op iemand se toekoms nie. Dit gebruik in plaas daarvan ’n kalender met onderliggende betekenisse vir die bepaling van ’n persoon se bestemming. Dit berus verder op verskeie dissiplines wat onderling afhanklik is van mekaar. Dit sluit in die Vyf Elemente (Wu Xing), jin en jang, die 10 Hemelstamme, die 12 Aardtakke en die Chinese kalender, ’n maansonkalender met tydsbepaling volgens jare, maande, dae en dubbelure.[1]

Die Chinese astrologie het hand aan hand gegaan met die astronomie, wat in die tyd van die Han-dinastie (2de eeu v.C. tot die 2de eeu n.C.) floreer het. Een rede waarom die astrologie tot vandag oorleef het, was moontlik die Chinese kalender. Nes die Chinese karakters het dit oor die millennia ’n onafskeidbare deel van die Chinese kultuur geword en is dit vandag steeds deel van die alledaagse lewe in China.

  1. "Ancient Chinese Astrology – What Sign Are You?; secretserendipity.com" (in Engels). Secret Serendipity. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2019. Besoek op 13 November 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search